‘n Mislukte betaling kan veroorsaak word deur verskeie rededs. Maak altyd seker van die volgende wanneer jy koop deur ons webwerf:
- Daar is genoeg fondse in die rekening gessosieer met die kaart waarmee jy die intekening wil koop;
- Die kaart se besonderhede wat jy ingevul het stem ooreen met die kaart;
- Jou kaart het nie verval nie;
- Die kaart het nie die limiet vir aanlyn aankope bereik nie;
- Die kaart laat aanlyn transaksies toe en het nie die maksimum transaksies in ‘n sekere periode bereik nie.
As daar een van die bogenoemde redes is – probeer dit te herstel en herhaal die betaling.
Indien jou bank die transaksie afgekeur het sonder enige addisionele inligting - kontak asseblief jou bank se hulplyn om die rede te bevestig.
Ons stel altyd voor om die geassosieerde finansiële instelling (krediet-/debietkaart veskaffer, PayPal, Google Play, Apple) te kontak om te bevestig of daar enige ander probleme is wat die fout veroorsaak.
Die finansiële instelling sal kan kyk na die transaksie-log en help om die fout op te los.
Alternatief, probeer die volgended aksies:
- gebruik ‘n ander betaalmetode as die as die vorige een;
- probeer om ‘n ander kaart te gebruik;
- probeer weer die selfde kaart, maar op ‘n later studium.
Indien jy enige ander vrae of kommernisse het oor betaling, kontak asseblief ons Ondedrsteuning Span.
Related to
Comments
0 comments
Please sign in to leave a comment.